top of page
  • Myspace Social Icon
  • Blogger Social Icon
  • Pinterest Social Icon
  • Google+ Social Icon
  • Twitter Social Icon
  • Facebook Social Icon
  • YouTube Social  Icon

TROFEE VLAKVARK JAG PLAAS 2017

​

"Ek is trots om te se na n hele maand se skryf en beplanning vir die 2017 Jag seisoen kan ek uiteindelik Januarie 2017 afsluit met n afrikaanse artikel oor Vlakvark Jag"

​

Julle sal seker met my saam stem as ek se daar is niks wat n jagter se hart so vinnag laat klop soos vlakvark jag nie... 

 

Wel n wilde vark wat uit n vlakvark gat op jou af hardloop tel nie...

Ek weet nie hoekom nie, maar vlakvark jag word net meer en meer gewild in Suid Afrika. Meeste jagters het mos al klaar n "plat-neus" of twee geskiet in hulle lewe?

 

Is dit die vlakvark vleis wat by jou vriend se slaghuis in lekker salami bewerk word?

NEE..

 

Die antwoord is natuurlik dat elke jagter n trofee vlakvark wil jag. Hier word ook nie verwys na n vlakvark wat met geluk voor jou verby gehardloop het terwyl jy agter op die bakkie die plaas se heining "check" nie. Ek praat van n beplande trofee vlakvark jag.

Ek is jammer om jou teleur te stel maar 80% van jagters probeer hulle hele lewe om n trofee vlakvark te jag en die droom van daardie trofee vlakvark skedel teen die muur sal nooit realiteit word nie!

 

Dit is nie jou skuld nie...

 

"Ek het die laaste 2 jaar besef dat ONS as jagters is die oorsaak van die trofee vlakvark droogte"

 

Deur om nie die voordeel van jag as konservasie reg toe te pas nie sal daardie droom van jou trofee vlakvark meer n nagmerrie word.

 

Maar...

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Indien ons van hierdie klein veranderings toepas sal ons kanse vir n trofee vlakvark drasties verhoog.

Die eerste tegniek waarmee ek al klaar n verandering sien in die "plat-neuse" se grootte is deur om selektief te jag. Ek sal graag hierdie wil deel...

 

"DIT IS N FEIT DAT N VLAKVARK BEER TERRITORIAAL IS"

 

m.a.w

In die spesifieke area waar julle jag, met om en by n radius van 5 kilometer is daar verseker n vark so groot dat indien jy hom sien jy vir die plaas eienaar wil se hy het mooi blou-wildebeeste.

So dit help nie ons jag klein beertjies nie, al wat ons doen is ons verbeur daardie vlakvark se kans om moontlik n trofee vark te word.

 

​

​

​

​

​

​

​

​

​

​

​

​

​

​

​

Indien ons aanhou om selektief te jag, en die groot trofee varke of ten minste die dominerende bere te skiet sal die groter bere daardie area wil domineer. 

Trofee word hierna verwys as n lekker vet vark vir die vleis jagter en natuurlik die tande afmetings. Ek maak my pryse vir trofee vlakvarke op Dankorama 13 duim. En vir die vleis jagter bly my prys R600-00 vir n Vlakvark beer.

Ek wil graag my pryse daar hou, sodoende weet ek dit pas die biltong jagter se sak en ek weet dat die Vlakvark bere geteiken word, wat net verder die kans van n trofee vlakvark beer op my plaas verhoog.

 

Ons moet ook nou nie twyfel om te skiet as ons nie kos op ons tafel het nie, dit is nie wat ek hiermee bedoel nie. 

Ek probeer net lekker vet varke vir trofee jagters produseer. En vir n klein plasie soos Dankorama dink ek nie ons doen na 1 jaar te sleg nie!

Tot Februarie...

Jagters Groete

Photo of n vlakvark

VLAKVARK FOTO'S

​

Vlakvark Jag Wêreld ontleed die vlakvark en die jagmetodes wat tans gebruik word deur jagters vir vlakvark jag. Een van die metodes wat aan jagters bekend gestel gaan word en waarvan slegs n handjie vol 'n jagters weet is die hormoon metode . Hierdie metode sal die jagter n beter kans bied om n trofee dier te jag van die jagter se teiken spesie. Baie jagters sal hul hele lewe spandeer om hul trofee dier te jag en sal dag na dag lee hande huistoe gaan. Hierdie metode is beproef en dit werk soos bewys deur die roete-cam foto's.  Vlakvark video's sal gekyk en bestudeer word. Die relevante inligting sal versamel word en is van kardinale belang ten opsigte van die verbetering van die jagter se jag sukses en hierdie inligting sal in die blog gepubliseer word.

Jagmetodes wat tans gebruik word deur jagters vir vlakvark jag is besig om meer en meer gewild te word regoor die hele wêreld . Een van die metodes wat algemeen gebruik word en toeneem in gewildheid in Suid-Afrika is Kruisboog Jag. Verskillende tipe kruisboë beskikbaar vir vlakvark Jag word dan ontleed en 'n gevolgtrekking gemaak op watter een mees geskik is vir die beplande vlakvark jag. Dit sal gedoen word met die hulp van verskeie vlakvark fotos en videos. Alle aspekte en metodes vir die jag van vlakvarke word so bestudeer en jagters moet hierdie gevolgtrekkings toepas om sodoende hulle jag sukses te verbeter.

​

Dankorama Jagplaas is gelee noord van pretoria in Gauteng. Vlakvarke word gejag met die oog om trofee vlakvarke vir genaries te produseer.

​

Die jagters word gevra om selektief te jag. Vlakvarke is territoriaal en as jagters selektief vlakvark bere jag, sal die territoriale vlakvark bere van ander areas in beweeg om daardie spesifieke area as syne te proklameer.

  • Facebook - Black Circle
  • Twitter - Black Circle
  • Google+ - Black Circle
  • YouTube - Black Circle
  • Pinterest - Black Circle
  • Instagram - Black Circle
warthog

We are a participant in the Amazon Services LLC Associates Program, an affiliate advertising program designed to provide a means for us to earn fees by linking to Amazon.com and affiliated sites.

bottom of page